Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

20 Maande in Gyselaarshel

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 240.00

Quick Overview

Toe Debbie Calitz en Bruno Pelizzari in Oktober 2010 in Dar-es-Salaam anker lig, sou hulle nooit kon raai dat hulle op 'n hellevaart vertrek het nie. Drie dae nadat hulle as bemanningslede op die seiljag Choizel vertrek het, is die vaartuig gekaap deur Somaliese seerowers wat 'n losprys vir Debbie en Bruno geeis het.
OR

Details

Toe Debbie Calitz en Bruno Pelizzari in Oktober 2010 in Dar-es-Salaam anker lig, sou hulle nooit kon raai dat hulle op 'n hellevaart vertrek het nie. Drie dae nadat hulle as bemanningslede op die seiljag Choizel vertrek het, is die vaartuig gekaap deur Somaliese seerowers wat 'n losprys vir Debbie en Bruno geeis het. Twintig maande lank is die paartjie van die een donker hool na die ander verskuif, telkens met ander oppassers wat hulle - en veral vir Debbie - aan onbeskryflike gruweldade onderwerp het. Dit was Debbie se geestelike ingesteldheid, haar medemenslikheid, en ironies genoeg, haar verlede as ? slagoffer van mishandeling wat haar aan die lewe help hou het deur positief te bly en te glo dat sy en Bruno gered sou word. In hierdie meesleurende boek oor afskuwelike ontmensliking onthul Debbie die besonderhede van hul beproewing en hul uiteindelike bevryding. Dit is die verhaal van 'n vrou se onoorwinlike moed toe vryheid en menswaardigheid nog net 'n vae herinnering was.

Additional Information

Book Condition N/A
SKU 9780143530596
Author Calitz, Debbie; Hill, Ulrike
Dimensions 234mm x 154mm
Format TPB
Pages 269
Published Date 31 Oct 2012
Publisher Penguin Books
Language Afrikaans
Genre True Crime
Series N/A