Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

Porseleinskerwe

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 180.00

Quick Overview

Marié Blomerus is ʼn bekroonde digter en skrywer. Haar herinneringe, vlugtige indrukke en woordprentjies vorm ʼn geheel rondom enkele temas: Namibië, die skrywer se aantreklike, eksentrieke familielede en haar jeug – tydstippe in haar lewe, sy dit in Namibië of Johannesburg, Pretoria of die Boland en haar reise in die vreemde. Daar is onweerstaanbare beskrywings van plekke en name, lieflike prosa soos die volgende: “Byna net soos by David Livingstone is verkenning in Schmelen se bloed en hy skaf ʼn poenskop-os, ʼn geweer en ʼn velkaros aan. Sy klere raak deurgedra en hy begin sy klere van velle maak. Die karos gebruik hy bedags as saal vir die os en snags as ʼn kombers.” Daar is fassinerende stukkies geskiedenis, woordbeelde van haar Oupa Suidwes, soos ʼn skraal koning in die veld, haar boheemse tannie Dora, haar mooie ma en ʼn familie wat saamsing en dans en graag lag. Daar is onvergeetlike reisbeskrywings en besinnings. Haar humorsin, nuuskierigheid en talent vir verwondering is tydloos.
OR

Details

OOR DIE OUTEUR: Digter en skrywer Helene Marié Blomerus is op op in (tans ) gebore en sy word ook daar groot. In die sestigerjare was sy saam met mederedakteur van die tydskrif Wurm en lewer bydraes tot verskeie tydskrifte soos Ophir, Izwe, Sestiger en die Tydskrif vir Letterkunde. Sy verhuis gereeld en bly op een of ander stadium in Namibië, die , die en die . Haar publikasies sluit in: Fosforblom, Nasionale Boekhandel, 1968, Blou as beginsel van duisternis, Perskor-uitgewery, 1975, Soo-oo-oopwa: 'n novelle, Perskor, 1975, Seisoene Van Terreur, Jutalit, 1988, Ithaka, Perskor, 1985 (bekroon met die Perskorprys).Sy is’n lid van die Afrikaanse Skrywersgilde.

Additional Information

Book Condition N/A
SKU 9781485310624
Author Marié Blomerus
Dimensions 137 x 213 mm
Format Sagteband
Pages 260
Published Date 31 Aug 2019
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Sketse
Series No