Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Tronkhond

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 180.00

Quick Overview

Dis ʼn fassinerende verslag van die lewe in maksimumsekuriteit-gevangenisse, met ʼn vars invalshoek: China was hondemeester, aan die voorfront tydens tronkgevegte. Gewapen slegs met ʼn knuppel en sy hond moes hy messtekers en oproeriges afweer. Hy is ʼn mensch, ʼn ongeslypte diamant met hart en ondernemingsgees. Hy herinner aan Bennie Griessel: hy rook en drink straf, sy huwelik is op die rotse, hy sukkel om gevoelens te wys, maar oor ʼn hond wat doodgaan, grens hy. Sy eerste pos, toe hy net 16 was, was op Robbeneiland, waar hy ʼn lang, breedgeskouerde gevangene met ʼn vriendelike gesig gesien skerm het. Hy was self ʼn bokser en kon sien die man het ʼn besonderse tegniek, dat hy lig op sy voete soos ʼn weltergewig was. Die bokser was Nelson Mandela. Saans het Mandela deur sy tralies vir die seun hardgekookte eiers wat hy afgeskil het, aangegee, dan eet hulle saam en gesels. Mandela het hom altyd aaangepor om verder te gaan leer.
OR

Details

OOR DIE OUTEUR: Jakobus Daniël (China) Mouton is 23 Maart 1957 gebore. Hy was van 1974 tot 2013 ʼn hondemeester in die Departement van Korrektiewe dienste, waar hy ook aan die berede afdeling verbonde was. Hy het as spoorsnyer gewerk en sekuriteit verskaf by maksimumsekuriteit-gevangenisse. Hy spesialiseer later in narkotika en springstof. Hy was van 2010 afdelingshoof by Brandvlei-gevangenis. Hy tree in 2013 af en woon in Laingsburg.

Additional Information

Book Condition N/A
SKU 9781485310853
Author China Mouton
Dimensions 137 x 213 mm
Format Sagteband
Pages 197
Published Date 28 Aug 2019
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Outobiografie
Series n/a

You may also be interested in the following product(s)