Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Die keer toe ek my naam vergeet het

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 225.00

Quick Overview

Die eerste uitgawe van Die keer toe ek my naam vergeet het verskyn in 1995, vyf jaar nadat die skrywer F.A. Venter ’n beroerte gekry het. In hierdie outobiografiese vertelling dokumenteer hy die pynlike en stadige proses van herstel: hy moet weer leer loop, leer praat, leer skryf.
OR

Details

Die eerste uitgawe van Die keer toe ek my naam vergeet het verskyn in 1995, vyf jaar nadat die skrywer F.A. Venter ’n beroerte gekry het. In hierdie outobiografiese vertelling dokumenteer hy die pynlike en stadige proses van herstel: hy moet weer leer loop, leer praat, leer skryf. Dit is verder ’n verhaal oor die verhouding tussen Venter en sy geliefde vrou, Stella. In Die Afrikaanse literatuur 1652–2004 beskryf J.C. Kannemeyer Die keer toe ek my naam vergeet het as een van Venter se “belangrikste bydraes tot die Afrikaanse prosa”: “Die aangrypende verhaal van ouderdom en lyding, maar ook van ’n mooi huwelik en toegewyde liefde, is terselfdertyd ’n getuienis van die onblusbare gees van die skeppende mens wat, ten spyte van alle teenspoed, kan voortgaan met die werk waarvoor hy hier op aarde geplaas is.” Op ’n eerlike en roerende wyse, en met ’n tikkie humor, raak Venter die universele, tydlose temas van siekte, oudword en die dood aan. Uiteindelik is dit ’n verhaal van aanvaarding: “Ek het baie verloor – die kosbaarste. Maar ek het ook geleer om te verduur. Te aanvaar. Tevrede te wees. Anders sou dit ondraaglik wees.”

Additional Information

SKU 9781485308034
Format Paperback / softback
Author F.A. Venter
Publisher Protea Boekhuis
Genre N/A