Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

Op Die Spoor Van Hoop

Op Die Spoor Van Hoop

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 140.00

Quick Overview

Somtyds kry die lewe jou onder. Somtyds wonder jy waar op aarde mens moet begin om dinge te verander as daar soveel dinge verkeerd is. Miskien sukkel jy dan, soos ander, om steeds die ligpuntjie te sien. Steeds te hoop. Steeds jou oe gevestig te hou op die Een wat van beter weet.
OR

Details

Somtyds kry die lewe jou onder. Somtyds wonder jy waar op aarde mens moet begin om dinge te verander as daar soveel dinge verkeerd is. Miskien sukkel jy dan, soos ander, om steeds die ligpuntjie te sien. Steeds te hoop. Steeds jou oe gevestig te hou op die Een wat van beter weet. Vryskutjoernalis Jacqueline Leuvennink is deeglik bewus van die hartseer en die tragedies in die wereld. Sy weet, want sy moes berig lewer daaroor. Maar tussenin al die hartseer is daar 'n paar gesprekke met bekendes wat sy kan uitsonder. Groot geeste wat te midde van wanhoop nadat hulle 'n kind of 'n geliefde verloor het, of in ’n land van misdaad en armoede leef, steeds hulle koppe omhoog hou en kan glo: dat alles vir 'n rede gebeur en dat hulle troos kan vind in die Redder. Hierdie boek is 'n keur uit Jacqueline se rubrieke en onderhoude met prominente en minder bekende Suid-Afrikaners waarin sy probeer om iets van die hoop wat in haar en ander leef, deur te gee. Lees die verhale van mense soos Chris Barnard, Francois Coetzee, Jeanne Els, Stef Bos, Leon Schuster, Elsa Joubert, Helen Zille, Desmond Tutu, Hansie Cronje, Margaret Bakkes, Irma Joubert, Tanya Fourie, Annalise Wiid en Huberte Rupert wat te midde van ongeluk steeds vol bewondering vir die die grootheid van God kan wees. Dit gaan ook oor hoe een joernalis in haar geloof groei danksy die inspirerende gesprekke met en ervarings van ander.

Additional Information

Book Condition N/A
SKU 9780796316189
Author Jacqueline Leuvennink
Dimensions 137 mm x 213 mm
Format Paperback / softback
Pages 144
Published Date 20 Jul 2013
Publisher Lux Verbi
Language Afrikaans
Genre Anthologies, Essays, Letters & Miscellaneous
Series N/A