Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

Oor Grense: ’n Lewe in die media in ’n tyd van verandering

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 275.00

Quick Overview

 
OR

Details

Ton Vosloo is een van die mees gerekende koerant- en sakemanne in Suid-Afrika. Gedurende sy loopbaan van sowat sestig jaar het Suid-Afrika op politieke front ’n drastiese ommekeer ondergaan: die Nasionale Party het plek gemaak vir ’n ANC-regering, wat gelei het tot transformasie op sosiale, ekonomiese en sakefront. In 1983 is Vosloo as die besturende direkteur van Naspers aangestel en het hy hom dit ten doel gestel om dié groep – wat in 1915 as mondstuk van die Nasionale Party gestig is – te vernuwe. Vosloo het die maatskappy deur diep, onstuimige waters gestuur: op ideologiese vlak was dit ’n geveg tot die dood toe met die regse Perskor-groep om die steun van Afrikaners te wen. Naspers moes ook op kommersiële vlak moderniseer. Dit het uiteindelik gelei het tot die stigting van M-Net, Suid-Afrika se eerste betaaltelevisiekanaal. In 1992 word Vosloo voorsitter van Naspers met Bekker as sy opvolger. Onder Bekker se leiding het Naspers belê in die Chinese internetmaatskappy Tencent, en vinnig ontwikkel tot ’n groep wat vandag finansiële belange regoor die wêreld het. Dít sou nie moontlik gewees het sonder die fondasie wat Vosloo in die vroeë tagtigs vir sodanige vernuwing gelê het nie. Oor Grense is Ton Vosloo se memoir oor sy lewe in die koerantwêreld in ’n tyd toe Naspers nog baklei het om die posisie as markleier, ’n tyd toe die koerante binne sy stal baie na aan die politici van die dag gestaan het. Met sy eiesoortige humorsin en styl as gesoute joernalis vertel Ton Vosloo die storie van Naspers en van sy uiteenlopende ervarings as koerantman en sakeleier.

Additional Information

Book Condition N/A
SKU 9781868428861
Author Vosloo, Ton
Dimensions 233mm x 152mm
Format TPB
Pages 288
Published Date 24 Aug 2018
Publisher Jonathan Ball Publishers
Language Afrikaans
Genre Biography
Series N/A