Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Gert Garries – ‘n Baaisiekel-blues

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 175.00

Quick Overview

Gert Garries: ’n Baaisiekel-babelas word in 2002 by die KKNK opgevoer en gee vleis aan ’n karakter uit Etienne Leroux se roman Magersfontein, O Magersfontein! Die plaaswerker Gert Garries ry vir drie dae met die verbrande liggaam van sy kind op sy fiets rond. Hy wil ’n doodsertifikaat bekom, ’n voorvereiste voordat hy die kind kan begrawe. Weens sy velkleur word hy egter deur die burokrate van bakboord na stuurboord gestuur. Na sy ontmoeting met Le Grange, ’n empatiese verkeersbeampte, ontstaan ’n sonderlinge verhouding tussen hulle. Hierdie verhouding suggereer ’n beter toekoms en menslike identiteit vir Gert, terwyl die kind simbool word van ’n bitter en wrang verlede. Eindelik begrawe Gert sy kind saam met die room van die Engelse.


Die gehoor volg Gert Garries op sy drie dae lange fietsrit en beleef saam met hom ’n prutpot van emosies.


Die drama word gepubliseer in 2019 as Gert Garries: ‘n Baaisiekel-blues.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Pieter Fourie is die afgelope 50 jaar ononderbroke vaardig as dramaturg, regisseur, akteur, vervaardiger en toneelbestuurder. Meer as 60 dramas is deur hom geregisseer en hy is die stigter van die KKNK. Hy word bekroon met die Hertzogprys vir Drama (2003), ontvang ’n Fleur de Cap in 2006 en in 2016 word hy vereer met ’n kykNET Fiësta vir sy bydrae tot die Afrikaanse woordkuns.

 

Ander toekennings:

Hy kry in 1968 die Johann Nel-prys vir sy substansiële bydrae tot die toneel in SA en in 1976 ontvang hy die Drie Blare-toekenning vir sy regie van Pavel Kohout se So ’n liefde. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer hom in 1996 met ’n erepenning vir toneelkuns en ook die Gerhard Beukes-prys en in dieselfde jaar vereer die Rapportryers van die Langenhoven-streek hom vir sy voortreflike bydrae tot die vestiging en uitbouing van die KKNK op Oudtshoorn. In 2006 word hy met die Fleur du Cap-merieteprys vereer as voortreflike, veelsydige teater-praktisyn. In 2010 word hy by die KKNK vereer met die Afrikaans Onbeperk-prys vir sy lewensbydrae. Die Universiteit van die Vrystaat ken in 2011 ’n eredoktorsgraad (D.Litt. honoris causa) in drama aan hom toe. By die Innibos-Kunstefees word hy in 2012 vereer vir sy uitnemende skrywersbydrae tot die Afrikaanse kultuurskat.

Additional Information

Book Condition N/A
SKU 9781485310457
Author Pieter Fourie
Dimensions 152 x 222 mm
Format Softcover
Pages 72
Published Date 18 Jun 2019
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre Drama
Series n/a

You may also be interested in the following product(s)