Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Juffrou Goth en die bedorwe brakke

Availability: Out of stock

R 160.00

Quick Overview

Die derde boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.


Die wêreld se beroemdste skrywers kom spog met hulle bedorwe brakke by die Grommengrys-herehuis se literêre hondeskou.


Maar daar is allerhande vreemde dinge in en om die herehuis wat Ada pla – geheimsinnige dierespore, tjankgeluide snags en skoene waaraan gekou is. Kan sy uitvind wat aangaan voor dit weer volmaan is?

Details

OOR DIE SKRYWER EN ILLUSTREERDER

Chris Riddell (gebore 13 April 1962 in Kaapstad) is ’n Britse illustreerder en skrywer van kinderboeke en ’n politieke strokiesprenttekenaar vir die Observer. Hy het drie Kate Greenaway Medaljes gewen, die Britse bibliotekarisse se jaarlikse toekenning vir die beste geïllustreerde kinderboeke. Boeke wat hy geskryf of geïllustreer het het drie Nestlé Smarties Boekpryse gewen en was vier keer silwer of brons naaswenners. In Junie 2015 is hy aangewys as UK Children's Laureate.

OOR DIE VERTALER

Kobus Geldenhuys is bekend vir sy kinderboekvertalings van outeurs soos J.K. Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cressida Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat (Protea, 2014), en in 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het (Protea, 2015).

Additional Information

SKU 9781485309628
Format Softcover
Author Chris Riddell
Publisher Protea Boekhuis
Genre Jeugboek

You may also be interested in the following product(s)