Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Kansvatter - Die rustelose lewe van Ben Viljoen

Availability: Out of stock

R 350.00

Quick Overview

Ben Viljoen (1868–1917) was ’n prominente jonger generaal in die Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy noot weer permanent na Suid-Afrika teruggekeer nie.


Carel van der Merwe het besluit om Viljoen se spore te volg na Brittanje, Nederland, Mexiko en Amerika en te gaan uitvind hoe dit gebeur het dat dié Boereoorloggeneraal burgerskap van vier verskillende lande gehad het, die ster was van ’n Boereoorlogskouspel, aan ’n Mexikaanse revolusie deelgeneem het, as vredeskommissaris tussen die Yaqui-Indiane opgetree het en voor sy dood op die punt was om ’n film in Hollywood te vervaardig.


’n Prentjie van ’n komplekse persoonlikheid kom na vore wat herinner aan ’n deel van die huidige generasie Afrikaners – minder godvresend, gemaklik in verskillende kulture, en bereid om te emigreer wanneer hulle dink dit tot hul voordeel is.

Details

OOR DIE OUTEUR

Carel van der Merwe is ’n roman- en geskiedskrywer. Sy roman Geldwolf (2009) is met die Eugène Marais-prys bekroon. Donker Stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog (2015), sy eerste niefiksieboek, ontvang die Protea Boekhuisprys vir beste gepubliseerde werk in Afrikaans, die LW Hiemstraprys en kykNet-Rapportprys. Carel woon en werk op Stellenbosch.

Additional Information

Book Condition New
SKU 9781485310563
Author Carel van der Merwe
Dimensions 152 x 222 mm
Format Sagteband
Pages 520
Published Date 1 Dec 2019
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre No
Series No