Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Melk en vleis/Bloed en bodem

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 180.00

Quick Overview

Twee plaasdramas oor grense, tradisies, grond en bloed.


MELK EN VLEIS


Dis 1996. Suid-Afrika het verander, maar sekere huishoudings nog nie. ’n Suksesvolle aktuaris los haar werk in die stad nadat sy verlief raak op ’n sjarmante jong boer. Sy probeer haar bes om in te pas by die kleindorpse gemeenskap, haarself in haar huwelik te laat geld, en die familieplaas van ondergang te red. Nadat ’n erfgenaam gebore word, begin dinge egter op die plaas uitrafel ...


Hell hath no fury like … ’n boervrou.


BLOED EN BODEM


Jana besoek haar pa en oom op die familieplaas. Die plaas gaan agteruit en haar pa sit meer op die kroegstoel as die kerkbank. Een nag los hy in sy dronkenskap die hek oop en dit word ‘n aand wat niemand sal vergeet nie ...


’n Verhaal oor plaasaanvalle en die desperate nalatenskap van Afrikanermans wat nooit kon heel nadat hulle aan die “verkeerde” kant van die apartheidstryd geveg het nie.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Haar debuut Melk & Vleis verower verskeie toekennings, onder meer die ATKV-toekenning vir mees grensverskuiwende werk en ’n Fiësta vir beste nuutgeskepte Afrikaanse teks. Bloed en Bodem is die tweede teks uit die pen van Marina Albertyn-Struwig en “stuk woeker voort in die tradisie van realisme met temas om grond, grondbesit, interafhanklikheid, manlikheid en vroulikheid, die verwoestende effek wat grenservarings op op die individu en die gesin het, en hoe geloof, ook politiese geloof, vir goed sowel as kwaad aangewend kan word”.

Additional Information

SKU 9781485309680
Format Softcover
Author Marina Albertyn-Struwig
Publisher Protea Boekhuis
Genre Drama