Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Die Pes

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 215.00

Quick Overview

Hierdie klassieke roman van die befaamde Franse skrywer Albert Camus handel oor die lotgevalle van 'n klompie mense wat in die Algerynse stad Oran vasgekeer word wanneer builepes daar uitbreek.
OR

Details

Hierdie klassieke roman van die befaamde Franse skrywer Albert Camus handel oor die lotgevalle van ’n klompie mense wat in die Algerynse stad Oran vasgekeer word wanneer builepes daar uitbreek. Die hoofkarakter, dr. Bernard Rieux, word die eerste keer bewus van iets buitengewoons wanneer groot klompe rotte vrek in die woonstelgebou waar hy bly. Gaandeweg word hy al meer by die behandeling van die siekes betrek en word hy toeskouer van hoe verskillende mense reageer wanneer toestande al hagliker en benouender word. Sy band met ander mense, soos die toeris Tarrou, die joernalis Rambert en die staatsamptenaar Grand word deur hulle betrokkenheid by die verloop van die pes versterk, terwyl hulle na die sluiting van die stadspoorte al meer bewus word van hulle afsondering en die afwesigheid van geliefdes.

            Camus se roman is al gelees as allegorie van die besetting van Frankryk gedurende die Tweede Wêreldoorlog en die pes kan beskou word as enige bedreiging vir menslike vryheid. Die bedreiging van ’n epidemie soos vigs verleen aan hierdie roman besondere relevansie vir Suid-Afrikaanse lesers.

Additional Information

Book Condition Nuut
SKU 9781869194529
Author Albert Camus
Dimensions 137 mm x 213 mm
Format Paperback / softback
Pages 280
Published Date 5 Sep 2011
Publisher Protea Boekhuis
Language Afrikaans
Genre General & Literary Fiction
Series No

You may also be interested in the following product(s)