Details
OOR DIE OUTEUR
Rudolf Johannes (Dolf) van Niekerk is op 22 Februarie 1929 in Edenburg in die Vrystaat gebore en het diep spore in die Suid-Afrikaanse letterkunde, uitsaaiwese én akademie getrap. As skrywer van poësie, kortverhale, jeugverhale en radiodramas word hy met etlike letterkundige pryse bekroon, onder meer die Eugène Marais-prys vir sy bundel Skepsels (1964) en sowel die Scheepers- as die MER-pryse vir jeuglektuur vir Die haasvanger (1986). Hoewel hy sy professionele loopbaan in die uitsaaiwese begin het as omroeper vir die SAUK, lei sy belangstelling in die filosofie sowel as in landbou tot verdere studie in wysbegeerte met ’n doktorale proefskrif getiteld “Bewaring as sedelike prinsipe in die Suid-Afrikaanse Bodembenuttingsituasie: ’n kultuurfilosofiese studie”. In 1978 word hy direkteur van die Direktoraat Landbou-inligting – ’n pos wat hy beklee tot met sy aftrede in 1994. Ná sy aftrede raak hy ook betrokke by die Eenheid vir Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria en by die Versindaba in Stellenbosch.
Additional Information
SKU | 9781485310099 |
---|---|
Format | Softcover |
Author | Dolf van Niekerk |
Publisher | Protea Boekhuis |
Genre | Memoire |