Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Min Shaw: Sprokie van ’n liefling –’n Plakboek van herinneringe

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 250.00

Quick Overview

“Sy bly nog steeds ná 50 jaar in die vermaaklikheidsbedryf ’n nooi soos Min!” – André H. van Dyk


In hierdie pragboek word foto’s en memento’s uit Min Shaw se persoonlike fotoalbums en plakboeke opgeneem. Min se herinneringe aan haar kinderdae, haar transformasie van onderwyseres tot sang- en filmster, en die mense wat haar op haar pad na sukses gehelp het, word in haar eie woorde weergegee. Min deel verder snaakse staaltjies uit haar verlede, skoonheidsgeheime en interessante “Min-feite”. Sy vertel hoe haar geloof haar positief en plat op die aarde hou. Boodskappe aan Min van bekendes soos Corlea Botha, Franz Marx, Lance James en Leon van Nierop word ook ingesluit.

OR

Details

OOR DIE OUTEUR

Shaun Andrew Mynhardt is in Kaapstad gebore. Musiek en drama is in sy bloed, want hy is verlangs familie van die Suid-Afrikaanse akteur, wyle Siegfriedt Mynhardt. In 2012 is sy eerste boek, Gee haar ’n roos – Die lewensverhaal van Cora Marie, gepubliseer.

Hy het vir 10 jaar in die korporatiewe wêreld gewerk, voordat hy in 2011 SM Entertainment gestig het waar hy as ’n vermaaklikheidsbestuurder sy merk gemaak het. Onder sy maatskappy is groot produksies aangebied met van Suid-Afrika se grootste sangers, onder andere Min Shaw, Lance James, Clive Bruce, Tommy Dell, Cathy Viljoen, Manie Jackson, Jody Wayne, Tommy Oliver, Caroline du Preez, Riana van Wyk en Barneace Slabbert.

In 2015, ná ’n vriendskap van 21 jaar, het Shaun en Min Shaw begin werk aan die opskryf van haar herinneringe en ná baie kuiers, laat aande se gesels en honderde telefoonoproepe tussen hierdie twee kunstenaars, is Min Shaw se boek uiteindelik reg om gepubliseer te word.

Additional Information

SKU 9781485309918
Format Softcover
Author Shaun Andrew Mynhardt
Publisher Protea Boekhuis
Genre Niefiksie; Herinneringe