Home

Welcome to our shop!

My Cart:

0 item(s) - R 0.00
You have no items in your shopping cart.

0

More Views

Waar die oog van stil word

Availability: In stock

Stock on hand is determined by the sum of all branches across the country.
Stock availability does not reflect that of any one specific branch.

R 150.00

Quick Overview

Waar die oog van stil word is Ilse van Staden se derde digbundel en is net so keurig afgerond soos haar vorige bundels. Die eerste groep gedigte handel oor die verwerking van verlies en afskeid van die bekende. Dan betree die digter die onbekende wêreld, waar sy haar vereenselwig met klein lewende wesens soos slakke en torre wat dit ook moet waag in die groot buitewêreld in. Die digter het net ’n veerpen oor om mee te skryf en om ’n skip met woorde en drome te bou waarmee sy in die verbeelding kan reis. Daar is ’n sterk bewustheid van die vervlietendheid van alles: Al probeer die oog ook onthou, maar dit kan slegs weerkaatsings boekstaaf vir die brein se verbeeldingskrag en kan die digter dit met woorde probeer vasvang.
OR

Details

AGTERGROND Waar die oog van stil word is Ilse van Staden se derde digbundel en is net so keurig afgerond soos haar vorige bundels. Die eerste groep gedigte handel oor die verwerking van verlies en afskeid van die bekende. Dan betree die digter die onbekende wêreld, waar sy haar vereenselwig met klein lewende wesens soos slakke en torre wat dit ook moet waag in die groot buitewêreld in. Die digter het net ’n veerpen oor om mee te skryf en om ’n skip met woorde en drome te bou waarmee sy in die verbeelding kan reis. Daar is ’n sterk bewustheid van die vervlietendheid van alles: Al probeer die oog ook onthou, maar dit kan slegs weerkaatsings boekstaaf vir die brein se verbeeldingskrag en kan die digter dit met woorde probeer vasvang. Deurgaans is die digter daarvan bewys dat dinge nie bewaar kan word nie, soos die lig wat in donker oorgaan, die wind wat vlugtig aan skouers raak, die geluide van voëls teen skemer, ’n brander wat oor die strand spoel en onmiddellik verdwyn. Ten slotte is die digter ook bewus van die paradoks van die digkuns: Dit is onmoontlik om die stilte van die see in woorde vas te vang, want “daar’s geen woorde in die see nie/en geen stilte in ’n vers!” OOR DIE OUTEUR Ilse van Staden het aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en as veearts op verskillende plekke gepraktiseer. Haar eerste digbundel, Watervlerk (2004) word met die Eugène Marais-prys en die Ingrid Jonkerprys bekroon. Sy skryf ook prosa. Tans woon sy in Australië. Haar debuutroman, Goeie dood wat saggies byt, verskyn in 2016.

Additional Information

SKU 9781485306054
Author Ilse van Staden
Dimensions 137 x 213
Format Sagteband
Pages 60
Published Date 1 Jun 2016
Publisher N/A
Language Afrikaans
Genre N/A
Series N/A

You may also be interested in the following product(s)